Bees Reeks

QPro voere se bees reeks is gebalanseerd en wetenskaplik geformuleer om die genetiese potensiaal van jou diere te ontgin in die voerkraal asook vir afronding en toetsing van stoet diere. Die reeks bestaan uit verpilde voer, konsentrate en klaargemengde meelprodukte.

Download

QPro Vetbees Fase D is geformuleer vir bulle wat deur die fase D-toets gaan, maar ook om skou-en teelbulle se genetiese potensiaal te ontgin deur goeiegehalte-voedingstowwe op die regte tyd en teen die regte hoeveelheid te voorsien. Dit bevat die nodige natuurlike verbyvloeiproteïen wat spiergroei en struktuur/bouvorm ontwikkel en bevorder. Terselfdertyd bied dit genoegsame energie om die bulle se kondisie te bou. Fase D-voer kan ook gebruik word vir “background”-doeleindes.

Download

QPro Vetbees 40 is ‘n gebalanseerde afronding- of voerkraalkonsentraat wat gebruik word saam met mielies of mieliesemels (chop) en ruvoer/kuilvoer. Hierdie konsentraat bevat genoegsame proteïen, energie en makro- en mikrominerale sowel as ‘n groeibevorderaar om optimale groei te verkry.

Download

QPro Vetbees 14 is ‘n gebalanseerde, semi-volledige rantsoen wat geformuleer is vir die afrond van bees. Hierdie produk kan gebruik word waar ‘n kliënt sy eie ruvoer produseer en wil benut. Dit het ‘n goeie proteïen-tot-energiebalans en bevat die nodige vitamiene en spoorminerale sowel as groeibevorderaars om optimale groei te behaal.

Download

QPro Vetbees Complete 12 is ‘n volvoerproduk wat reeds ruvoer bevat en kan gerieflik gebruik word vir die kliënt wat nie graan of ruvoer tot sy beskikking het nie. Dit het ‘n goeie proteïen-totenergiebalans en bevat die nodige vitamiene en spoorminerale sowel as groeibevorderaars om optimale groei te behaal.