Lek Reeks

QPro voere se Lekreeks is goed gebalanseer en wetenskaplik geformuleer om weidings aan te vul. Die reeks bestaan uit lekke vir beeste, skape en ook konsentrate.

Download

QPro Sumphos 15 P6 is ‘n klaar gemengde fosfaat- en spoormineraalaanvulling vir beeste, skaap en herkouer-wild op groenweiding of somerveld. Addisioneel het QPro Sumphos 15 P6 15% ruproteïen wat voordelig is vir midsomerdroogtetoestande. QPro Sumphos 15 P6 kan ook gebruik word as oorgangslek na winterveld toe.

Download

QPro Hefgrow 17 is ‘n hoëkwaliteit lek wat gebruik word op somerweiding of groenvoerlande vir die uitgroei van jong diere van beide bees en skaap. Die produk is ideaal vir “backgrounding” van kalwers. Die produk is geformuleer met deurvloeiproteïen van hoë kwaliteit, genoegsame energie en die nodige vitamiene en spoorelemente om groei te bevoordeel. Die produk bevat ook ‘n groeibevorderaar om optimale groei te verseker.

Download

QPro Produksielek 28 is ‘n klaar gemengde lek wat in tye van tekorte genoeg proteïen, energie tesame met vitamiene en spoorminerale aan die dier voorsien. Hierdie produk help om gewigsverlies by koeie na kalwing te verminder en ook om goeie melkproduksies te ondersteun. QPro Produksielek 28 kan ook gebruik word as prikkelvoer voor dekseisoene.

Download

QPro Winterlek 45 is ‘n klaar gemengde onderhoudslek vir bees op droë winterveld. Hierdie produk is geformuleer met die nodige proteïen- en mineraalsamestelling om droëgrasinname en die vertering daarvan te stimuleer. Dit stimuleer ook die eetlus van die dier om massaverliese te verminder en help om droëgalsiekte te voorkom. QPro Winterlek 45 kan ook 50:50 met mielies/ chop gemeng word om ‘n produksielek te vorm.

Download

QPro Winterlek Konsentraat is ‘n konsentraat wat gebruik kan word vir selfmengdoeleindes van verskillende lekke. Die konsentraat is geformuleer om genoegsame proteïen en die nodige minerale en spoorelemente te verskaf.