Vark Reeks

Die QPro Voere varkreeks is wetenskaplik geformuleer om in die voedingsbehoefte van varke te voldoen in die verskillende produksie staduims. 

Download

QPro Vark Groeimeel word gevoer nadat die speenmeel onttrek word vanaf 56-dae-ouderdom. Hierdie produk is geformuleer om tydens hierdie fisiologiese fase van die jong, groeiende vark in nutriëntbehoeftes te voorsien in terme van kwaliteitproteïen en genoegsame energie vir optimale groei. Die produk bevat ook 'n gebalanseerde hoeveelheid vitamiene, minerale en spoorelemente.

Download

QPro Lakterende Sog Meel is 'n hoëkwaliteitsrantsoen wat geformuleer is vir die optimale voeding van lakterende sôe met gemiddelde tot bo gemiddelde werpselgrootte. Korrekte voeding tydens hierdie produksiefase is uiters belangrik aangesien goeie voeding in hierdie tyd die sog sowel as die werpsel se produksie/prestasiepotensiaal beïnvloed. Die produk het 'n gebalanseerde proteïen- tot-energieverhouding om te voldoen aan die diere se behoeftes. Die produk bevat ook 'n gebalanseerde hoeveelheid vitamiene, minerale en spoorelemente.

Download

QPro Vark Speenmeel is 'n gebalanseerde voer vir varkies vanaf kruip tot einde van die speenfase met die doel om inname te stimuleer, om optimale groei en ontwikkeling te verseker en ook die effek van speenskok te verminder. Hierdie produk bevat hoëkwaliteitproteïen en -energiebronne tesame met 'n gebalanseerde hoeveelheid vitamiene, minerale en spoorelemente.

Download

QPro Vark Afrondmeel word gevoer nadat die groeifase verby is en 'n swaarder en vetter karkas verkry wil word. Hierdie produk is geformuleer met 'n hoër energiewaarde en laer proteïenwaarde om 'n vinniger vetneerlegging te verseker en so ook voerkoste te verminder. Die produk bevat ook 'n gebalanseerde hoeveelheid vitamiene, minerale en spoorelemente om die ideale spekvark te produseer.

Download

QPro Droë Sog en Beer Meel is 'n gebalanseerde rantsoen vir die nie-lakterende sog. Die rantsoen word ook vir bere gebruik om kondisie te behou. Die produk het 'n gebalanseerde proteïen- tot-energieverhouding om te voldoen aan die diere se behoeftes. Die produk bevat ook 'n gebalanseerde hoeveelheid vitamiene, minerale en spoorelemente.

Download

QPro Vark Konsentraat is 'n hoëkwaliteitskonsentraat wat geformuleer is vir die vermenging van verskillende rantsoene. Die produk het 'n gebalanseerde proteïen-tot-energieverhouding om te voldoen aan die diere se behoeftes. Die produk bevat ook 'n gebalanseerde hoeveelheid vitamiene, minerale en spoorelemente.