Skaap en Boerbok Reeks

QPro voere se Skaap en Bokreeks is gebalanseerd en wetenskaplik geformuleer om voedingsbehoeftes in alle staduims van die produksie siklus aan te spreek. Die reeks bestaan uit verpilde produkte, konsentrate en lekke. 

Download

QPro Lamhokkie Korrels is ‘n hoëgehalte- gebalanseerde voer vir laat dragtige en lakterende skape/bokke. Lamhokkie korrels bevat ‘n gebalanseerde hoeveelheid deurvloeiproteïen en energie, sowel as minerale en spoorminerale. Hierdie gebalanseerde voer voorsien genoegsame voedingstowwe om te voldoen aan behoeftes vir fetusgroei en wolfollikelontwikkeling, sowel as bies- en melkproduksie. Die produk bevat ook byvoegsels om metaboliese steurnisse wat gepaard gaan met geboorte te verminder.

Download

QPro Lamkruip Korrels is ‘n hoëgehalte- gebalanseerde voer vir lammers wat nog melk vanaf die ooi kry. Lamkruip Korrels bevat ‘n gebalanseerde hoeveelheid deurvloeiproteïen en energie, sowel as minerale en spoorminerale. Die doel van Lamkruip Korrels is om tydens die sogende en speenfase die lam se groei optimaal te bevorder, om die rumen te ontwikkel en om die behoeftedruk van die ooi te verlig.

Download

QPro Ram Lam en Ooi Korrels dien as byvoeding vir ooie en ramme op weiding en veld om kondisie te bou en liggaamsmassa te onderhou. Die produk word ook aangewend vir die uitgroei van jong diere vir teeldoeleindes.

Download

QPro Skaap Afrond Korrels is ‘n hoëgehalte- gebalanseerde voer vir die afrond van lammers en uitskotdiere. QPro Skaap Afrond Korrels bevat ‘n gebalanseerde hoeveelheid deurvloeiproteïen en energie, sowel as minerale en spoorminerale. Dit bevat ook die nodige byvoegsels soos buffers en ammoniumchloried om metaboliese steurnisse en nierstene te voorkom asook groeibevorderaars vir optimale groei.

Download

QPro Stoetram Korrels is geformuleer met die doel om skou- en teelramme se genetiese potensiaal te ontgin deur voedingstowwe van goeie gehalte op die regte tyd teen die korrekte hoeveelheid te voorsien. Dit bevat die nodige natuurlike verbyvloeiproteïen wat spier- en struktuurgroei bevorder asook bouvorm ontwikkel. Terselfdertyd bevat die produk genoegsame energie wat benodig word om die ramme se kondisie te bou. QPro se Stoetram Korrels bevat genoegsame ammoniumchloried om nierstene te voorkom.

Download

QPro Super Skaap Konsentraat is ‘n hoëkwaliteit-proteïenkonsentraat wat beide natuurlike proteïen- en NPN-bronne, bevat. Die produk is geformuleer vir die afrond van voerkraallammers waar die produsent sy eie ruvoer en grane produseer en wil benut.

Download

QPro Ultrawol 30 is ‘n hoë-proteïen-onderhoudslek van uitstekende kwaliteit vir skaap, met die fokus op dragtige en lakterende ooie op veld of weidings. Hierdie produk bevat swaelbevattende aminosure en hoë insluitings van deurvloeiproteïenbronne om te verseker dat melkproduksie (met vloeibare biesmelk) en groei optimaal behaal word asook om wolbreek in stresvolle toestande en wintertye te voorkom. Die lek bevat ook NPN-bronne wat genoegsame stikstof bied vir mikroörganismes om veselagtige veld beter te kan benut.

Download

QPro Skaap Winterlek is ‘n hoëproteïen-onderhoudslek vir skaap, met die fokus op diere wat op veld of weidings oorwinter. Hierdie produk bevat swaelbevattende aminosure en hoë insluitings van deurvloeiproteïenbronne om te verseker dat melkproduksie (met vloeibare biesmelk) en groei optimaal behaal word asook om wolbreek in stresvolle toestande en wintertye te voorkom. Die lek bevat ook NPN-bronne wat genoegsame stikstof bied vir mikroörganismes om veselagtige veld beter te kan benut.

Download

QPro Bypass 34 is ‘n hoëproteïen-konsentraat geformuleer met ‘n kombinasie van drie tot vier natuurlike proteïenbronne. Hierdie produk bevat geen ureum nie, wat beteken dat die proteïeninhoud van hierdie konsentraat ‘n hoë deurvloei-/verbyvloei- proteïeninhoud is wat uiters voordelig is vir die groei van jong en lakterende of dragtige diere. Bypass 34 is ‘n ideale produk om by te voeg by selfmengsels van jong uitgroeikalwer-, skaap- of wildsvoermengsels. Hierdie produk bevat ook rumen-beskermde vette wat die energiedigtheid van die rantsoen verhoog en uiters voordelig is vir dragtige en lakterende diere wat hoë energiebehoeftes het.