Suiwel Reeks

Qpro voere se suiwelreeks is goed gebalanseer en wetenskaplik geformuleerd om aan die voedingbehofte van die koei in verskillende staduims van die produksie siklus te voldoen. Die reeks bestaan uit kalf, suiwelmeel asook verpilde produkte.

Download

QPro Volledige Kalfgroei is geformuleer om vanaf QPro Kalf Aanvangs oor te skuif tydens speentyd. Die doel van hierdie produk is om vinnige groei en verdere rumenontwikkelling te bevorder en om kalwers voor te berei vir hoër veselinnames vanaf die veld. Hierdie produk bevat deurvloeiproteïenbronne van hoë kwaliteit en energie asook ‘n gebalanseerde vitamiene- en spoormineraalsamestelling om vinnige en gesonde groei te verseker. Dit bevat ook ‘n koksidiostaat vir die voorkoming van koksidiose in hierdie vroeë stadium. Hierdie produk kan suksevol gevoer word aan vleisbeeskalwers as ‘n kruipvoer. Voorsien die produk in voerbakke binne doelgemaakte kruipvoerkampies. Die produk is bekikbaar in meel- of korrelvorm.

Download

QPro Ultramelk Mielievry is ‘n hoëgehalte-suiwelkonsentraat wat gebruik word saam met mielies (gemaal) om ‘n semi-volledige suiwelmeel te meng volgens die kliënt se behoefte. Hierdie produk bevat proteïen- en energiebronne van hoë gehalte en is gebalanseer met die nodige vitamiene en spoorminerale.

Download

QPro Opstoom is ‘n geformuleerde meel vir opstoom van suiwelkoeie net voor kalwing (pre-partum). Hierdie meel is geformuleer met anioonsoute om die katioon:anioon-balans meer te versuur. Die doel hiervan is om die koei se liggaam te kondisioneer om minerale te mobiliseer uit haar skelet en help sodoende om te verhoed dat koeie hipokalsemie (melkkoors) kry tydens kalwing.

Download

QPro Elite 17 is ‘n suiwelrantsoen wat as kragvoer dien vir lakterende koeie. Hierdie produk is geformuleer om addisionele proteïen, energie en ‘n kombinasie van nodige vitamiene, minerale en spoorelemente te voorsien aan koeie wat op veld wei of kuilvoer tot beskikking het. Die produk bevat ook ionofore wat optimale rumenvertering ontlok en produksies bevoordeel.

Download

QPro Elite 21 is ‘n suiwelrantsoen wat as kragvoer dien vir lakterende koeie. Hierdie produk is geformuleer om addisionele proteïen, energie en ‘n kombinasie van die nodige vitamiene en spoorelemente te voorsien aan koeie wat op veld wei of kuilvoer tot beskikking het. Die produk bevat ook ionofore wat optimale rumenvertering ontlok en produksies bevoordeel.