Wild Reeks
QPro voere se Wildsreeks is goed gebalanseerd en wetenskaplik geformuleer om tekorte onder natuurlike weiding en voedingsbehoeftes in bomas aan te vul.
QPro Wildsonderhoudskorrels is ‘n hoëgehalte-, gebalanseerde voer vir wildspesies waar byvoeding benodig word. Die produk is luserngebaseer wat smaaklik is. Wildsonderhoudskorrels is geformuleer om genoegsame proteïen, energie en spoorminerale in droë tye aan diere te voorsien. Die produk bevat geen ureum nie en is dus veilig om aan alle wildspesies te voer. Die pilgrootte is 8 mm om in alle behoeftes te voorsien.
QPro Prestige Game is ‘n hoëgehalte-, gebalanseerde voer vir wildspesies waar produksie en die uitgroei van wild belangrik is. Die produk is luserngebaseer wat smaaklik is. Prestige Game is geformuleer om aan diere gevoer te word wat in bomas staan. Die kwaliteitproteïen is noodsaaklik vir die uitgroei van die dier en horinglengte. Prestige Game is geformuleer om die beste grondstowwe in die regte verhoudings by mekaar te voeg. Die produk kan ook tydens voerskaarstes genoegsame proteïen, energie en spoorminerale voorsien. Die produk bevat geen ureum nie en is dus veilig om aan alle wildspesies te voer. Die pilgrootte is 8 mm om in alle behoeftes te voorsien. QPro Prestige Game bevat biotien.